VIDEO: Dis skoene net waar jy kyk in Tanya se kas
Dié 45-jarige inwoner van die dorp het ’n indrukwekkende versameling skoene waarvan meeste vroue maar net kan droom.
’n Klerekas vol mooi klere en tientalle pare skoene is sekerlik enige vrou se hartsbegeerte, maar dis duidelik dat Tanya Pretorius se oog by ’n mooi paar skoene lê.
Die laaste keer toe sy getel het, het sy 180 pare skoene in haar kas gehad, waarop sy al sowat R50 000 spandeer het, maar Tanya kan nie genoeg van mooi skoene kry nie. Sy vertel dat die skoene haar eintlik roep wanneer sy verby ’n mooi paar stap.
Haar man, Jannie, het al moed opgegee met sy vrou se groot liefde vir skoene.
“Die eerste plek waar jy my sal vind is by die skoenafdeling in ’n inkopiesentrum. As ’n mooi paar skoene my oog vang, dan koop ek dit,” vertel sy.
Tanya vertel ook dat sy tog ’n punt daarvan maak om al die skoene in haar kas te dra en nie net die gunsteling pare nie.
Sy herken ook dat daar wel so vyf of ses pare is wat sy glad nie dra nie, maar om op te hou koop is nie ’n opsie vir haar nie.
Sy het onlangs ontslae geraak het van sowat 120 pare, maar kon dit nie oor haar hart kry om die 180 oorblywende pare verder uit te dun nie.
Dis omtrent ’n skoenparadys in dié skoenliefhebber se kas, waar jy enige iets sal vind van tekkies tot hoë blink hakskoene, stewels, gemaklike insteekskoene en plakkies.
Lees: Chemiké is tuis op die rugbyveld
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



