Anker se rugby staan sterk
Die Anker berei tans voor vir die Valkeliga wat in Mei en Junie gespeel word.
Die NWU-Prestige-Sportreeks vind gedurende die eerste vier maande van die jaar plaas en word gereken as een van die beste sportreekse in die Noordvaal gebied.
Sestien skole vorm deel van die reeks.
Vanjaar het Hoërskool Die Anker rugbykrag gewys en is as die beste skool uit die Verre Oosrand skole aangewys, met ’n algehele 10de plek in die reeks.
Die o-15b- en o-16a spanne het albei ’n vierde plek behaal in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
Die NWU-reeks se rugbyuitslae vir die Verre Oosrand skole is soos volg:
Hoërskool die Anker 10de plek met 90 punte, Heidelberg Volkskool 11de plek met 68 punte, Potchefstroom Gimnasium 12de plek met 59 punte, Hoërskool Hugenote 13de plek met 54 punte, Hoërskool Oosterlig 14de met 41 punte, HTS Witbank 15de met 23 punte en Hoërskool Randburg 16de met 18 punte.
Lees: Die Anker maak skoonskip teen bure
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



