Die netbalspanne van Laerskool Die Arend het vanjaar deurentyd hul vernuf op die baan getoon en die vrugte van harde werk gepluk.

Al die spanne, naamlik die o-10A en B, o-11A en B, o-12A en B en die o-13A en B-spanne, het die Brakpan-liga gewen.

Lees: Laerskool Die Arend se rugbyspelers bring hul kant
Daarna was daar geen keer aan die spelers se toewyding nie en al die spanne, met die uitsondering van die o-12B-span, het voortgegaan om as distrikwenners gekroon te word.

“Al ons A-spanne dring nou deur na die Ekurhuleni uitspeelwedstryde,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



