CrimeEditor's noteNews

Lemoene na kerk geslinger, vensters stukkend geskiet

Die NG Kerk, Moedergemeente in Victorialaan is Donderdag deur vandale geteiken.

Die koster van die kerk, Annelize Botes (39) was Donderdagmiddag heeltemal uit die veld geslaan toe sy die booswigte se handewerk gesien het.

“Ek was so 5.45nm by die kerk om oop te sluit sodat ons orkes kon oefen en het eers ‘n klomp lemoene op die gras sien lê,” het Botes vertel.

“Dit was vir my baie vreemd en by nadere ondersoek het ek gesien dat daar verskeie gate in die mure was en dat twee van ons loodglasvensters ook gebreek was.”

Die glasstukke van die vensters het oral in die kerk gelê.

Lees: Bedelaars eet lekker danksy weldoener

“Dit was ook duidelik dat die lemoene na die kerkgebou gegooi is.”

Die moontlikheid dat ‘n vuurwapen gebruik is om die skade aan die gebou en vensters aan te rig word ondersoek.

“Dit is regtig jammer dat so iets moes gebeur het. Die loodglasvensters is uniek en dit sal nie goedkoop wees om dit te laat herstel nie,” het Botes gesê.

Die voorval is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button