Carla mik vir ’n gesogte titel
Die kampioenskappe vind gedurende Junie plaas en Carla sal Suid-Afrika verteenwoordig.
Die Herald het al voorheen berig oor talentvolle Carla Shönfeldt (11) wat uitblink op talle gebiede, en nou is sy weer besig om een van haar drome na te jaag.
Die vrolike blondekop het verlede jaar op die Herald se voorblad gepronk met die magdom medaljes wat sy oor drie jaar by South African Championships of Performing Arts (SACOPA) vir drama en modelwerk ingepalm het.
Haar medalje totaal het intussen van 64 na 97 gegroei en nou het Carla haar oog op nog ’n uitdaging.
Die Little Miss SA-kompetisie word ook deur SACOPA aangebied en Carla is gekies as een van sowat 20 finaliste om van 10 tot 12 Oktober in Pretoria aan die kompetisie deel te neem.
“Die geleentheid is geensins op ’n klein skaal nie en sou Carla dié titel wen sal daar vir haar betaal word om volgende jaar in Los Angeles aan die Wêreld Kampioenskappe te gaan deelneem.
“Die kampioenskappe vind gedurende Junie plaas en Carla sal Suid-Afrika verteenwoordig.
Lees: Ses-jarige wikkel die eerste prys los
“Deelname op dié vlak is ’n groot droom van Carla en alhoewel sy al voorheen gekwalifiseer het is die kostes daaraan verbonde enorm,” het haar ma, Lilani Potgieter, gesê.
Dié Dalwer is nietemin baie trots en opgewonde om aan Little Miss SA deel te neem.
Carla sal tydens die kompetisie ’n kans staan om verskeie titels te verower.
Die titels sluit in: Little Miss Creativity, Little Miss Best Dressed, Little Miss Debutant, Best Interview en Best Public Vote.
“Ons is besig om op al die verskillende kategorieë te fokus en is baie dankbaar vir al die hulp wat ons ontvang,” het Lilani gesê.
Vir die titel van Best Public Vote kan die publiek egter help deur vir Carla te stem.
Vir elke R1 wat oorbetaal word aan SACOPA, verower Carla een stem.
Belangstellendes wat vir haar wil stem teen R1 kan dit soos volg oorbetaal:
First National Bank, rekeningnommer 62717490586, takkode 250655, verwysing: Carla Schönfeldt
Die publiek kan tot 8 Oktober vir Carla stem.
Carla vertel dat sy baie opgewonde is oor die kompetisie en haar ma hou al klaar vingers en tone gekruis.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



