Darius Heunes, ’n leerder aan Hoërskool Die Anker, het onlangs aan die eerste rondte van die Akademiese Olimpiade Sosiale Wetenskap Gauteng Provinsie 2019 deelgeneem.
Op 5 September het hy op distriksvlak deelgeneem, waar hy teen vyf ander finaliste meeding en weer die eerste plek behaal het.
Die provinsiale rondte het Saterdag by Glenanda Primary School plaasgevind, waar Darius ’n tweede plek behaal het.
Lees: Olimpiade wys wie Die Anker se slimmes is
Volgens Darius het hy nog altyd ’n voorliefde gehad vir geskiedenis en is hy van nature nuuskierig.
Hy en sy pa voer gereeld debat oor verskillende onderwerpe en ding mee om te sien wie die meeste van ’n spesifieke onderwerp weet.
Hy kyk ook gereeld History Channel en National Geograpic.
“Hoewel meeste van die vrae nie in die skool sillabus voorkom nie, maar meerendeels algemene kennis is, het ek dit nie te moeilik gevind nie,” het Darius gesê.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



