NewsSchools

Anker warm op vir die atletiekseisoen

Drie atlete van Die Anker het met medaljes weggestap.

Hoërskool Die Anker het verlede naweek aan die jaarlikse Elardus Erasmus Top 20 atletiekbyeenkoms te Naboomspruit deelgeneem.

Dié byeenkoms, wat elke jaar ’n hoogtepunt op die kalender is, het die geleentheid gebied vir 43 skole se top 20 atlete om hul staal te wys.

Drie atlete van Die Anker het met medaljes weggestap. Hulle is: Sarah Kiet (twee goud), Kaye Smit (twee silwer) en Theodore Vermaak (een brons).

Nantus Joubert was die Anker-atleet wat egter by die byeenkoms uitgestaan het.

Hy het ’n persoonlike beste van 18m in die gewigstootitem vir seuns o-15 behaal.

Met die poging het hy 1 151 punte op die ABSA-tabel behaal.

Lees: Die Anker se krieketspelers vaar goed

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button