Local newsNews

Só kan jy saam met AfriForum ’n verskil maak

Die publiek word uitgenooi om vanaf 8vm by die projek in te skakel.

AfriForum Brakpan-tak gaan eerskomende Saterdag, soos verlede jaar, ’n skoonmaakaksie by die Tweedy Park Kompleks aanpak.

“Vele hande maak ligte werk en hoe meer mense gaan opdaag hoe meer sal ons gedoen kry,” het Gerhard Cilliers, AfriForum Brakpan se takvoorsitter, gesê.

Die voorneme is om die sypaadjie rondom die kompleks skoon te maak, die gras op die sypaadjie te sny, die watervore en strate om die kompleks skoon te maak en alles weg te ry en die plek skoon te laat.

“Ons het die publiek se hulp nodig. Al is dit net vir ’n uur of twee.

Lees: AfriForum herdenk dorp se 100ste bestaansjaar

“Mense is welkom om besems, grawe, harke, randsnyers, snoeiskêre, grassnyers en swartsakke saam te bring.

“Dit sal ook van groot hulp wees indien daar persone is wat met bakkies of sleepwaens kan help om die gras en ander rommel weg te ry,” het Cilliers gesê.

“Die projek is geskik vir die hele gesin en dit is ’n ongelooflike beskeie geskenk aan die senior en bejaarde inwoners van ons dorp,” het hy bygevoeg.

Hy het ook versoek dat vrywilligers sonskerm, ’n hoed en genoeg water sal saamneem.

AfriForum Brakpan-tak sal verseker dat genoegsame veiligheidsmaatreëls en toerusting beskikbaar is om padveiligheid te verseker, en daar eerstehulp mediesebystand beskikbaar is.

Vir meer inligting stuur ’n WhatsApp-boodskap na 060 740 7444.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button