’n Jarelange inwoner van die dorp, Sarie Theron, is verlede Dinsdag op die ouderdom van 94 oorlede.
Sy was veral bekend weens haar werk as sekretaresse by die destydse Hoërskool Stoffberg Meisieskool (wat later die Hoërskool Hoogland geword het).
Dat sy ’n groot vriendekring gehad het is algemene kennis en volgens haar dogter, Antoinette van Zyl (58), was haar ma dol daaroor om kos te maak.
“My ma was op haar gelukkigste wanneer sy vir iemand ’n feesmaal kon voorberei.
Lees ook: Bekende oud-onderwyser oorlede
“Ek glo sy sal nog lank onthou word vir die lekker kos wat sy gemaak het,” het Van Zyl gesê.
Van Zyl het ook vertel dat haar ma ’n diep gelowige persoon was wat, op haar eie, gereeld vir ander gebid het.
Sarie se eggenoot, Jannie, is op die ouderdom van 83 oorlede.
Benewens haar dogter laat sy ’n seun, Dirk Theron (70), asook drie kleinkinders na.
Die herinneringsdiens vind môre (Donderdag) om 2nm vanuit die NG Kerk Dalpark Gemeente te Boekenhoutstraat plaas.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



