Sluit aan by die Vroue Landbou-unie
Deur die loop van die jaar word praatjies en demonstrasies deur kundige persone aangebied.

Geniet jy dit om nuwe dinge te leer en gesellig saam met ander vroue te verkeer?
Dan is dit tyd om by die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie aan te sluit.
Die organisasie vergader elke tweede Dinsdag van die maand en wil graag van vroue hoor wat wil aansluit.
Die vergaderings vind om 10vm, in die saal van die NH Kerk te Dirk van der Hoffweg, plaas.
Deur die loop van die jaar word praatjies en demonstrasies deur kundige persone aangebied.
Lede kan ook aan kompetisies, wat oor die jaar strek, deelneem. Dit is egter glad nie verpligtend nie.
Vroue van enige ouderdom is baie welkom om aan te sluit. Die eerste vergadering vind môre (Dinsdag) plaas.
Lees ook: VLU lede raak kreatief
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



