
Inwoner skryf per e-pos:
Ons het bure wat nou al vir ongeveer ses jaar vreeslike geraasmakers is.
Hulle begin op ’n Woensdagaand en gaan so deur met ’n gedrink, gevloek en ’n geskel tot in die oggendure.
Ek was al by die hof, wat my verwys het na die EMPD, wat hulle gereeld ’n waarskuwing kom gee, maar dis ook waar dit bly.
Nadat die EMPD by hulle was het ons hel op aarde met die mense.
Die polisie kom nie eers meer uit na die huis toe nie en as hulle wel doen wag hulle net vir die polisie om te ry dan het ons van voor af hel.
Ons kry geen rus so nie. My moeder het so vier jaar terug ’n beroerte gehad.
Ek en my verloofde se werk ly hieronder want ons kry nie genoeg rus nie.
My verloofde is ’n paramedikus en kan nie bekostig om so min te rus nie.
Ek is regtig raadop.
Lees ook: Bure verander vakansie in hel
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



