Abigail Antonio, ’n 15-jarige leerder aan Hoërskool Die Anker, het gedurende Desember, met groot welslae, aan die Suid-Afrikaanse hengel kampioenskappe te Bloemhof deelgeneem.
Na drie dae van intense hengel is sy as die enigste meisie tussen 21 seuns op meriete gekies om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Vars Oewer Federasie (SAVOF) proewe.
Lees ook: Anker leerder blink uit in droë hengel kampioenskap
Dié proewe het oor twee dae gestrek en weereens het Abigail bewys dat sy kán hengel.
Sy is op 27 Desember in kennis gestel dat sy vir die o-19 Jonge Dames-span vir SAVOF gekies is.
Sy sal tydens 2020 deelneem aan verskeie SAVOF toernooie.

Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



