Hoërskool Die Anker se atletiekspan het Vrydag deelgeneem aan ’n vriendskaplike atletiekbyeenkoms te Hoërskool Eldoraigne in Pretoria.
Die Anker het in totaal 19 eerste plekke, 14 tweede plekke en 11 derde plekke behaal en algeheel tweede geëindig.
LEES: Die Anker se atlete wys hul staal
Die Anker se seuns atlete wat die beste presteer het is Nantus Joubert 925 (gewigstoot o-16 15.82m), Theodore Vermaak 842 (200m o-16 23.60) en Dihan de Villiers 814 (gewigstoot o-15 14.05m).
Die meisies wat goed gevaar het is Anel Kriel 835 (spiesgooi o-15 34.50m), Caitlin Bester 809 (hoogspring o-16 1.50m) en Sarah Kiet 772 (800m o-19 2:20.40).
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



