NewsSchools

Hoërskool Die Anker wen NWU Interskole byeenkoms

Hoërskool Die Anker se atlete het nie teleurgestel nie.

Hoërskool Die Anker het onlangs aan die NWU Interskole atletiekbyeenkoms, wat in Alberton gehou is, deelgeneem.

Nege skole het aan die byeenkoms deelgeneem en Die Anker se atlete het nie teleurgestel nie.

Die finale uitslae was as volg:

Die Anker (1 017.5), Hoërskool Dinamika (1 004.5), Hoërskool Alberton (947.5), Hoërskool Uitsig (666), Curro Krugersdorp (417), St Stithians College (283.5), Reddam House Bedfordview (231.5), Allen Glen High School (161) en Curro Inv (147.5).

LEES: Anker atlete blink uit by groot byeenkoms

Dogtersatlete van die Anker wat uitgeblink het is:

Katelyn Steenkamp (beste junior baanatleet), Dané Goosen (beste junior veldatleet), Clarissa Fuhri (beste senior baanatleet) en Chinika la Grange (beste senior veldatleet).

Seunsatlete wat uitgestaan het is:

Rowan van der Merwe (beste junior baanatleet), Dihan de Villiers (beste junior veldatleet), Theodore Vermaak (beste senior baanatleet) en Nantus Joubert (beste senior veldatleet).

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button