Groot opgewondenheid het onlangs by Laerskool Môrewag geheers toe die skool se toekomstige graad een- en graad R-leerders saam hul ouers die skool se inry fliekaand bygewoon het.
Groot aanpassings is gemaak deur Laerskool Môrewag se personeel om te verseker dat daar by die nodige Covid-19 protokol gehou word.
Tydens die inry fliekaand is ‘n geleentheid geskep om die skool en hul personeel beter te leer ken op ‘n ontspanne en interessante manier.
‘n Inry fliekteater is op die skool se rugbyvelde geskep en daar is ook nie vergeet van vars springmielies nie.
Elke voornemende leerder was ook baie ingenome met die inligtingsboekie en geskenkpakkie wat hulle rakende al die skoolsake vir 2021 ontvang het.
Lees: Graad sewe en twaalf leerders is terug in die klaskamer
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



