Editor's choiceLocal newsNews

In die Kollig

Clarissa Botha is in die kollig.

Clarissa Botha (17), ‘n leerder aan Hoërskool Stoffberg is ‘n talentvolle danser en het al verskeie prestasies bereik. Sy woon saam met haar ouers, Wesley (50) en Maryke (39) Botha, en haar jonger suster, Alexis (12), in Sonneveld.

  • Watter prestasies het jy al met jou dans bereik?

Ek neem elke jaar aan verskillende kunswedstryde deel. Sedert die Brakpan Kunswedstryd ‘n dans afdeling ingebring het, het ek nog elke jaar die trofee vir die beste danser in die groepfase gewen.

In 2016 het ek aan die Allegretto Kunswedstryd deelgeneem waar ek die tap, hip-hop en modern afdelings, asook die algehele dans-afdeling, gewen het.In 2017 het ek aan die Elite Dance Eisteddfod deelgeneem en het die tap, hip-hop en modern afdelings in my ouderdomsgroep gewen.

In 2018 het ek weereens aan die Elite Dance Eisteddfod deelgeneem en het verskeie trofeë ontvang as die wenner in tap, hip-hop en modern asook die trofee vir Best All-rounder en Personality of the Eisteddfod.

In 2019 het ek aan die Association of International Dance Teachers (AIDT) Bursary Challenge deelgeneem waar ek die modern afdeling in my ouderdomsgroep gewen het.

2020 het nou nie uitgedraai soos ons gehoop het nie, maar ek bly positief, hou aan oefen en volgende jaar neem ek weer volstoom deel.

Ek en my sussie het die geleentheid ontvang om in 2021 aan ‘n kompetisie in Duitsland te gaan deelneem, maar as gevolg van Covid-19 gaan dit nie moontlik wees nie.

  • Hoe lank dans jy al?

Ek dans al vir 13 jaar.

  • Wat is jou gunsteling dansstyl en hoekom?

Modern en tap. Ek hou van modern omdat mens jou emosies, gevoel en passie kan uitbeeld. Ek hou van tap, want ek hou van die “sassy show” gedeelte van dans.

  • Watter ander belangstelling en stokperdjies het jy?

Cheerleading, drama en netbal.

  • Watter beroep beplan jy om eendag te volg?

Definitief dans, dit is deel van my DNS. Ek het ook keuring gekry om onderwys te gaan studeer (graad een tot drie) en ter selfde tyd gaan ek my onderwys kwalifikasie doen in dans. Ek het ‘n passie vir kinders en wil graag aan minderbevoorregte kinders dansklasse gee sodra ek my kwalifikasie behaal het.

  • As jy eendag die geleentheid kry, sal jy Suid-Afrika verlaat en in ‘n ander land gaan woon?

Ek sal oorsee gaan dans as ek die geleentheid kry, dit is my droom om op Broadway te dans. Ek sal ook graag ‘n draai in Las Vegas wil maak en selfs op skepe my passie gaan uitleef. Suid-Afrika bly my land en ek is trots Suid-Afrikaans. Wanneer ek terugkom wil ek teruggee aan die gemeenskap en so ook ‘n verskil in ander se lewens maak.

  • Het jy enigiets nuuts geleer van jouself tydens die inperking?

Ek het besef dat aardse dinge nie saak maak nie en dat mens meer op die geestelike dinge moet fokus. Ek het besef dat ek die Here net soveel nodig het op my beste dae as op my slegste dae.

  • Waar sonder kan jy glad nie klaar kom nie?

My Bybel, dit is my kos vir elke dag. Dan ook beslis my familie, hulle is my grootste seëninge, asook my dans.

  • Wat is jou opinie oor alkohol wat weer verban is?

Gedurende die inperking is dit die regte besluit omdat mense dit nie verantwoordelik kan gebruik nie. Ons veg ‘n pandemie en ons moet ons hospitale gereed hou vir siek mense en nie vir mense wat ander seermaak as gevolg van alkoholmisbruik, ongelukke en onverantwoordelike optrede wat slegte nagevolge kan hê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button