Local newsNews

Hulde gebring aan Gé Korsten met ‘n konsert in die gemak van jou huis

Kry jou kaartjies vir die ongelooflike teaterervaring nou by www.itickets.co.za

Dit is vanjaar 21 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten vir altyd stil geword het.

Sy lewe, loopbaan en talent word Sondag in Frans Swart se huldeblyk produksie, Gé sing: Hoor my lied, gevier.

Hierdie produksie is verlede jaar voor ‘n gehoor by die Sun Arena in Pretoria opgeneem en kom digitaal na jou sitkamer toe om 5nm.

Frans Swart, regisseur van Gé sing: Hoor my lied, het gesê dit is vir hom ‘n besondere voorreg om hulde te bring aan hierdie ikoniese sanger en kunstenaar.

“As daar ooit ‘n superster in Suid-Afrika was, dan was dit Gé.

“Ek was bevoorreg om Gé te kon geken het, want as jong kameraman by SAUK-TV was ek kameraman vir ‘n paar seisoene van die gewilde TV-program, Gé Sing.

“Hy was nie net ‘n sanger nie, hy was ‘n mentor vir soveel mense in die bedryf ook,” het Swart gesê.

In die produksie word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n reuse skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied.

Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur van die land se voorste kunstenaars, waaronder Louis Loock, Arina de Witt, Jannie Moolman, die PJ Twins, Taschè van The Voice-faam, Scott Engelbrecht en volle orkes onder leiding van Chanie Jonker.

Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem.

“Gé Sing: Hoor my lied beloof ?n aand se elegante vermaak geskik vir die hele gesin wat enersyds werk as vermaak, maar andersyds ook die nalatenskap van ons baanbrekers weer in fokus bring,” het Swart gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button