Kinders plant boom om Covid-19 slagoffers te onthou
Die boom is geplant as ’n teken van hoop vir die jonger geslag se stryd teen Covid-19.
Die personeel en kinders van Athlone Junior Academy in Dalview het Vrydag ’n boom op die skoolterrein geplant.
Die hoof van die skool, Heilet Smith, het verduidelik dat die boom geplant is as ’n teken van hoop vir die jonger geslag se stryd teen Covid-19 en ook ter nagedagtenis aan dié wat gesterf het weens Covid-19.
“Die boom sal ook dien as ’n simbool van moed vir die mense wat hul werk verloor het en vir maatskappye wat moes sluit weens Covid 19.
“Omdat Covid-19 ’n respiratoriese siekte is wat die longe aantas en siende dat mense in ernstige gevalle suurstof benodig, het ons dit ook goed gedink om ’n boom te plant. Bome en plante verskaf suurstof aan die atmosfeer en dit word deur soveel pasiënte reg oor die wêreld benodig,” het Smith gesê.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



