VIDEO: Kersfeesliggies laat huis na sprokieswêreld lyk
Die huis sal in November elke naweek van Vrydagaand tot Sondagaand verlig wees.
Die feesseisoen is amptelik hier en dit het ‘n egpaar van die dorp, Riaan (29) en Angelique Reynecke (32), genoop om hul huis en erf in ‘n sprokieswêreld te omskep deur middel van honderde Kersfeesliggies.
Dié ouers van twee kinders, Amoré (2) en Dian (9 maande), het besluit om vanjaar iets mooi vir die feesseisoen te skep, veral vir die genot van hul eie kinders maar ook vir die publiek wat wil gaan kyk.
Die huis te Hoystraat 78 trek reeds baie aandag en daar word saans vele foto’s geneem van die woning en tuin wat indrukwekkend getooi is.
Riaan het vertel dat hulle van plan is om nog meer liggies aan te bring.
Lees: KYK: Derduisende liggies sorg vir skouspel
Gedurende Desember is die paartjie van plan om die liggies elke aand te laat skitter en die voorneme is om dit op 5 Januarie te verwyder.

Indien jou huis ook hierdie jaar gaan skitter sal ons graag van jou wil hoor.
Die Herald wil ‘n lys van adresse publiseer van wonings wat die moeite werd is om te gaan besigtig.
Stuur ‘n e-pos met ‘n volledige naam, kontaknommer en adres na minev@caxton.co.za
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



