Local newsNews

Daar is vriendskap in oorvloed by Sonneveld Akademie

Die Vriendskapsweek het meer as een doel, leerders is ook gevra om 'n bydrae aan die DBV van Brakpan te maak.

By die Sonneveld Akademie is dit ‘n tradisie om nie Valentynsdag te vier nie, maar wel ‘n hele week toe te wei aan Vriendskapsweek.

Leerders kon hulle liefde en omgee vir mekaar wys deur deel te neem aan Vriendskapsweek.

Leerders het oor twee dae die geleentheid gehad om elke dag aan hierdie pretaktiwiteite deel te neem. Hulle kon enige “funky” kouse, snaakse hare of hoed en snaakse maskers dra.

En natuurlik was almal se gunsteling om soos ’n nagereg aan te trek.

Die Vriendskapsweek het meer as een doel, aangesien leerders ook gevra was om ‘n bydrae aan die DBV van Brakpan te maak.

Sonneveld Akademie se hoërskool hoofseun, Nathan Evans, en hoofdogter, Stefni Binneman, het Dinsdag saam met Alecia van der Westhuizen al die donasies aan die DBV besorg.

Iwan Botha (graad RR) het soos McDonald’s skyfies gelyk.
Chane Els (links), Anzel Parsons en Sonique Butler het Vriendskapweek geniet.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button