Skryf in vir die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo
Dit is vanjaar die vyfde jaar wat dié kompetisie aangebied word.

Dis weer tyd vir die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se jaarlikse Internasionale Afrikaans-Ekspo.
Die FAK se ekspo is ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit pret is om deel te neem, word leerders ook gehelp met hulle skryfproses deurdat hulle terugvoer kry van die beoordelaars.
Dit is vanjaar die vyfde jaar wat dié kompetisie aangebied word.
Buiten vir ’n nuwe jaar, kan jy vanjaar groot geld vir jouself en jou skool wen. Die skool met die grootste deelname staan ’n kans om R10 000 te wen en die junior en senior algehele wenners ontvang elkeen R2 000 en hulle skool ontvang ook R2 000.
ALSO READ:
Gerhard Steyn beskryf die krag van liefde in nuwe enkelsnit
Die ekspo bestaan uit agt kategorieë, waaronder dagboekinskrywing, resensies, opstelle, kortverhale, poësie, voordrag, fotografie en kuns (skilderkuns en tekenkuns) waarin jy jou kreatiwiteit oftewel liefde vir boeke kan uitleef.
Stof dus jou kamera af, haal die verfkwaste uit en maak daardie potlode skerp om jou reis met boeke uit te beeld of vertel ons in ’n opstel, resensie of opstel hoekom boeke jou so na aan die hart lê.
Danie du Toit, voorsanger van Spoegwolf, beoordeel vanjaar die poësie-afdeling.
“Ek wil baie graag nuwe Afrikaanse gedigte lees. Skryf in,” het hy gesê.
Inskrywings sluit 12 Julie 2021.
Wie kan deelneem?
Alle graad een tot 12 leerders en studente in Suid-Afrika en Namibië, asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik of bestudeer word, kan gratis deelneem.
Graad een tot vyf leerders kan deelneem aan skilderkuns, poësie en voordrag, terwyl alle ander leerders en studente aan al die kategorieë mag deelneem. Jy mag ook in een of meer kategorieë deelneem.
Hoe neem jy deel?
Skryf aanlyn in by ekspo.fak.org.za. Skilderye en kunswerke kan per hand by die FAK-kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria ingehandig word.
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:



