Harde werk word waardeer
Dit was ’n groot werk en daar is onverpoos gewerk om vir ons weer krag te gee.

Elanie van Vuuren skryf per e-pos:
Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 19 Maart (Residents outraged by lengthy owe outage).
Ek woon by my bejaarde ouers in Brakpan-Noord en het ook die ongerief verduur.
Ons het gelukkig ’n kragopwekker, aangesien my pa somtyds van suurstof afhanklik is.
LEES OOK:
Gemeentelede werk dat die stof so staan
As ‘n mens nou die ongerief eenkant toe skuif dink ek dit is reg om die mense te bedank wat baie lang ure gewerk het om die krag te herstel.
Dit was ’n groot werk en daar is onverpoos gewerk om vir ons weer krag te gee. Ek het op sosiale media gesien hoe die mense kla en vloek en skel.
Ek dink nie die skade is doelbewus aangerig nie.
Dankie aan almal en rdl Brandon Pretorius wat gehelp het.
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:



