Local newsNews

Die Vergottinis se tuin is ’n lus vir die oog

Ek is bang vir wurms en Koos hou niks van stil sit nie.

Dit is moeilik om Koos Vergottini (73) en sy vrou Dawn (70) se kleurvolle en interessante tuin voor hul huis by Tweedy Park Kompleks mis te kyk.

Die tuin is gevul met kleurvolle ornamente; sommige wat gekoop is en ander wat deur Koos self gemaak is.

Vetplante, blomme en groente groei welig en skep ’n kleurvolle mengelmoes en lus vir die oog.

Die egpaar is die afgelope agt jaar inwoners van die kompleks.

LEES OOK

 Die Anker verwelkom drie leerkragte

“Ons bly vreeslik lekker hier, ons is soos een groot familie.

“Hier is altyd iemand om mee te gesels sodra jy jou neus by die deur uitsteek. As jy nie wil gesels nie moet jy maar liewer net nie uit gaan nie. Dit voel soos ’n skool koshuis,” het Dawn laggend vertel.

Oor hul besondere tuin noem sy dat dit Koos se handewerk en verantwoordelikheid is.

“Ek is bang vir wurms en Koos hou niks van stil sit nie. Hy is buitendien baie goed met sy hande,” het sy vertel.

Koos het gesê: “Ek het nog altyd groen vingers gehad en nog altyd ’n liefde vir tuin maak, veral ’n groentetuin.

“As ek by die huis kom is ek in my tuin, elke dag en elke naweek.

“Ek beplan glad nie wat ek met my tuin gaan doen nie en ek verander ook nie gedurig daaraan nie. Ek maak en voel maar soos ek lus kry.”

Dawn het vertel: “Ons het ook die mooiste gras in die winter, want ons gebruik sommer ons badwater om die tuin en gras nat te gooi.”

• Het jy ’n mooi tuin?
Ons sal graag van lesers wil hoor wat moeite doen om hul tuine mooi te maak.

Stuur ’n e-pos met jou kontakbesonderhede na thelma@caxton.co.za

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button