KYK: Motorfietse brul by vermoorde vrou se begrafnis
Duisende mense het na die diens, wat op Facebook gestroom is, gekyk. Hartroerende tonele het Saterdagoggend afgespeel toe gesinslede, familie en vriende van die vermoorde Yolandi Botes (35) tydens ‘n roudiens van haar afskeid geneem het. Meer as 100 motorfietsryers het byeengekom en die straat voor Sincere Begrafnisdienste vol geparkeer om ook hulde te
Duisende mense het na die diens, wat op Facebook gestroom is, gekyk.
Hartroerende tonele het Saterdagoggend afgespeel toe gesinslede, familie en vriende van die vermoorde Yolandi Botes (35) tydens ‘n roudiens van haar afskeid geneem het.
KYK:
Meer as 100 motorfietsryers het byeengekom en die straat voor Sincere Begrafnisdienste vol geparkeer om ook hulde te bring en respek te toon.

Slegs ‘n handjievol nabye familie is in die kapel toegelaat maar duisende mense het na die diens, wat op Facebook gestroom is, gekyk.

Yolandi se liggaam is op 4 Mei naby die Vaal-vakansieoord by Villiers in die Vrystaat gevind.
Sy is vir die laaste keer op 26 April by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg gesien toe sy na bewering deur ‘n Uber-bestuurder opgelaai is.
Sy het volgens inligting van die Kaap na OR Tambo gevlieg.
Yolandi en haar man, Wietzue, het in Danabaai gewoon.



