Local newsNews

Dinge lyk nie mooi op die oomblik nie

Daar word ook nie plan gemaak om verkeersbeamptes by besige kruisings te plaas nie.

Inwoner skryf per e-pos:
Die beurtkrag van die afgelope tyd is baie ongerieflik en mors my geld. Ons sit vir ure sonder krag, maar ons maandelikse munisipale rekeninge word nie minder nie. Eintlik betaal ek elke maand net meer en meer.
Ons het twee klein kinders en het nie geld om wegneemkos te koop of vir ’n kragopwekker nie.
Maar wat vir my die grootste probleem is, is dat baie mense nie weet hoe om te bestuur wanneer die verkeersligte nie werk nie.
Daar word ook nie plan gemaak om verkeersbeamptes by besige kruisings te plaas nie.
Dinge in die land lyk nie baie mooi op die oomblik nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button