Vullisblikke gee grys hare
Wanneer hulle nie die blikke breek nie los hulle dit net in die middel van die pad of jou blik voor iemand anders se huis.
Gryskop skryf per e-pos:
Met verwysing na die berig in die Herald van 25 Junie (Non-City bins will not be collected).
Daar staan onder andere:
• The said bins must comply with the approved specification and must be SABS approved to promote uniformity and improved service standards.
Wat ‘n grap want daar is nie veel diens wanneer dit by gereelde vullisverwydering kom nie. ‘n Mens weet nie meer wanneer om ‘n blik uit te sit nie.
En die vullisverwyderaars gee nie om of hulle jou blik breek nie.
Jy kan wel ‘n nuwe een kry (free of charge should an Ekurhuleni-branded bin break as a result of negligence from the City’s side).
My blik is in in ‘n jaar se tyd twee keer gebreek. Ek het ‘n baie klein kar en moes op mense staat maak om ‘n ander blik te gaan haal.
En wanneer hulle nie die blikke breek nie los hulle dit net in die middel van die pad of jou blik voor iemand anders se huis.
Lees ook: Vullis met ’n glimlag verwyder



