Local newsNews

Stoffberg netbalspeler beïndruk

Finale proewe find plaas op 14 Augustus.

Hoërskool Stoffberg se onderhoofdogter van sport, Chanté Blignaut (18), het deurgedring na die Gauteng-skole finale netbalproewe op 14 Augustus by Hoërskool Florida.

Die span wat Gauteng sal verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skole Netbaltoernooi sal dan gekies word.
Chanté het vertel dat sy al van graad een af netbal speel.

“Ek speel al vir 12 jaar hulpdoel. Dit is beslis my gunsteling.

“Dit is egter die eerste keer wat ek dit so goed vaar in die netbalproewe. Ek is so opgewonde oor die geleentheid wat vir my gegee is,” het Chanté gesê.

LEES OOK: Jo Black praat met Dalwers oor boeliery

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button