Local newsNews
Dansers beïndruk beoordelaars
Die dansers het die beoordelaars met hul afronding beindruk
Dansers van die Phoenix Dans Studio in Brakpan het Saterdag met groot welslae aan die Dell’Arte Kunstefees deelgeneem.
Die uitslae was soos volg:
• Araya de Waal: 99% vir moderne solo en itemwenner asook 100% vir solo tap en itemwenner.
• Marné de Swardt: 89% vir moderne solo en itemwenner asook 90% vir Hip Hop en itemwenner.
• Mikayla Smith: 98% vir solo tap en itemwenner asook 99% vir solo moderne solo en itemwenner.
• Amber Mylie: 97% vir Moderne solo en itemwenner.
• Jizelle van Wyk, Mikayla Smith en Arianna McMahon het saam 94% vir die moderne groep afdeling behaal en was ook die itemwenners.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







