Local newsNews

Meer as 1 300 borde kos uitgedeel

Daar is aanvanklik beplan om 1 000 borde kos voor te berei en in die dorp te versprei, maar aan die einde van die dag is 1 320 borde kos uitgedeel.

Die inwoners van onder andere welsynorganisasies, kinderhuise, ouetehuise en hawelose mense van die dorp was Saterdag aan die ontvangkant van ’n groep mense wat saamgestaan het om ’n verskil te maak.

Daar is aanvanklik beplan om 1 000 borde kos voor te berei en in die dorp te versprei, maar aan die einde van die dag is 1 320 borde kos uitgedeel.

Die verskillende potjies is by Rosetulee voorberei en ’n feestelike atmosfeer het van vroeg af geheers terwyl aangename geure van potjiekos die lug gevul het.

Die projek, wat ’n eerste van sy soort is, is deur mede-eienaar van VC SUPERSPAR Andries de Kock van die grond af gebring.


The significance of the Monetary Policy Committee Schools Challenge


Besighede, organisasies, motorfietsklubs en individue het egter nie gehuiwer om in te val nie en die eindresultaat het daarop gedui dat mense van die dorp nog bereid is om hande te vat en die nood te verlig waar dit nodig is.

“’n Dag soos Saterdag laat mens net weer besef hoe goed die mense van Brakpan se harte is,” het Andries gesê.
’n Kontantskenking van R20 000 is ook aangewend om kruideniersware aan te koop, wat die publiek weer Saterdag kon koop en aan organisasie van hul keuses kon skenk.

’n Verdere R10 000 is ook ingesamel.

“Ek wil graag vir elke persoon wat besluit het om betrokke te raak en Saterdag opgedaag het bedank,” het Andries bygevoeg

“Besighede het ook ruim bygedra om die voorbereiding van die kos moontlik te maak. Ek glo dat elke persoon wat ’n smaaklike bord kos ontvang het dit waardeer het.

“Daar is baie mense in ons dorp wat swaarkry en dit help nie om hande gevou te sit en toe te kyk nie.

“Dit is Saterdag bewys dat ons mense nog omgee vir mekaar en dat hierdie dorp van ons oor mense beskik wat nie huiwer om hul medemens te help nie.”

Nadat die kos op Rosetulee se perseel voorberei is, is dit na die onderskeie plekke wat vooraf geïdentifiseer is, vervoer.

So tussendeur die kosmaak was daar ook vermaak wat aangebied is deur Jani en Kie, Danie van der Westhuizen en Verneen van Deventer. Andries het aangedui dat ’n soortgelyke projek vir die einde van November beplan word.


Body found floating in water


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button