Local newsNews

Dorp se mense is vriendelik

Hierdie mense doen wonderlike werk in Brakpan en ek weet dat dit baie wyer strek.

Hannie en Frik Brits skryf per e-pos:

Ek was Saterdag net ‘n besoeker by ‘n dag waartydens daar kos gemaak is (ek verneem dit was vir organisasies en behoeftige mense van die dorp).

Ons het aanvanklik gedink ons kon van die kos koop maar iemand het vriendelik aan ons verduidelik waaroor dit gegaan het.

Ek en my man het vir die naweek by sy ouers gekuier en ons het toevallig by die plek afgekom. Dit was baie lekker om te sien dat mense weer bymekaar gekom en gesels en gelag het en dit terwyl hulle tyd opgeoffer het om baie kos te maak vir ander mense.


ALSO READ: Adopt a pet


Ons woon net buite Bela-Bela en is betrokke by ‘n motorfietsklub wat ook gereeld welsynswerk doen.
Wat my Saterdag opgeval het was die feit dat daar weer motorfietsklubs teenwoordig was, wat gehelp het.

Ons het met sommige van hulle gesels en gehoor hoe hulle gereeld help.

Dit is geen geheim dat motorfietsryers se harte en beursies altyd oop is vir liefdadigheid nie. Hierdie mense doen wonderlike werk in Brakpan en ek weet dat dit baie wyer strek.


ALSO READ: Classmates welcome back Macayla


Die musiek was ook goed. My man se ouers het onlangs na Brakpan verhuis van Kempton Park en ek ken die dorp nie so goed nie.

Wat ek gesien het, het my gemoed gelig. Ons is almal bietjie moeg vir Covid en om agter maskers weg te kruip.
Hierdie dorp het baie vriendelike mense en dan is daar nog ‘n paar van hulle wat kan sing ook.

Welgedaan ek glo die dag was ‘n groot sukses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button