Aksie op renbaan ter nagedagtenis aan fotograaf
Talle motorsport- en renjaergeesdriftiges het onlangs by die Rock Raceway byeengekom om deel te neem aan ’n gedenk-byeenkoms ter nagedagtenis aan Gert Oosthuizen (65), beter bekend as Oosie.

Talle motorsport- en renjaergeesdriftiges het onlangs by die Rock Raceway byeengekom om deel te neem aan ’n gedenk-byeenkoms ter nagedagtenis aan Gert Oosthuizen (65), beter bekend as Oosie.
Die Herald het vroeër berig oor die jare lange inwoner van die dorp wat op 12 Augustus aan Covid-19-verwante oorsake oorlede is (Fotograaf se plek langs renbaan is nou leeg).
Oosthuizen word veral onthou vir sy betrokkenheid by motorwedrenne (oval-track racing). Hy het ’n besigheid, Oosies Racetique, op die been gebring wat foto’s, videos en memorabilia by motorsportgeleenthede verkoop het.
Oosthuizen was regoor Suid-Afrika bekend vir sy betrokkenheid langs en op die wedrenbane.
Renjaers het tydens die gedenk-byeenkoms, wat op 4 September gehou is, in nege verskillende klasse, onder andere Midgets, Stock Rods, Legend Master en Formula N, deelgeneem.
’n Soortgelyke byeenkoms is ’n week tevore by die Outlaws Ultimate Raceway by die Vaal Skouterrein gehou.
LEES OOK:
Putting Brakpan on the map as a Mrs Universe Africa finalist
Education sector discusses the stressful outcomes posed by the Covid-19




