Local newsNews

Organisasies uitgenooi om saam te werk

“Dit is ‘n kwessie van Brakpan vir Brakpan, die gemeenskap vir die gemeenskap,” het Zaayman afgesluit. Persone wat meer inligting verlang kan 079 734 5236 skakel.

Brakpan vir Brakpan (B4B) is ‘n geregistreerde, nie-winsgewende organisasie, waarvan die hoofdoel is om samewerking tussen organisasies in Brakpan te bewerkstellig.

Dié organisasie is gedurende Augustusmaand geregistreer en ‘n tussentydse bestuur is tydens die eerste vergadering, wat verlede Dinsdag plaasgevind het, verkies.

“Talle organisasies in Brakpan doen uitstekende werk om die nood van behoeftiges te verlig,” het Bart Zaayman, voorsitter van B4B, gesê.

“Opportuniste en luiaards weet egter dat daar baie min skakeling tussen hierdie organisasies is en gevolglik word die goedhartigheid van Brakpanners uitgebuit vir eie voordeel en dikwels ten koste van persone wat werklik hulp nodig het,” het Zaayman verduidelik.

“Hierdie model van hulpverlening is nie effektief nie en ook nie volhoubaar nie,” het hy bygevoeg.

“Ten einde hierdie probleme hok te slaan is daar nie ‘n ander keuse as om saam te werk nie, en vir hierdie rede is Brakpan vir Brakpan, in kort B4B, gestig.

“B4B is gefokus op die opheffing van die Brakpan gemeenskap deur die gemeenskap, slegs binne die Brakpan woonbuurtes,” het Zaayman gesê.

Die fokuspunte:
• Deur alle bystandorganisasies en instansies in Brakpan aan te moedig om deel te vorm van B4B.

• Deur die daarstelling van ‘n sentrale databasis van die persone of gesinne wat hulpbehoewend of werkloos is binne die vereistes van die POPI wet. Die sentrale databasis is van kardinale belang om uitbuiters en professionele bedelaars hok te slaan.

• Elke organisasie behou sy identiteit, bates, finansies en voorrade. Samewerking en ondersteuning tussen organisasies is die sleutel tot suksesvolle gemeenskap opheffing.

• Die organisering, koördinering en gesamelike bestuur van gemeenskapprojekte ten opheffing van Brakpan se hulpbehoewendes.

• Die “standaardisering” van hulpverlening wat byvoorbeeld die volgende sal insluit:
* Nood kospakkie (kospakkie vir ‘n week vir twee persone en ‘n gesin van vier ontvang twee pakkies).
* Registrasie van hulpbehoewendes by die korrekte instansies vir langtermyn ondersteuning en bystand.
* Die daarstelling van ‘n klerebank vir hulp met klere, beddegoed, kombuisware en meubels, afhangende van beskikbaarheid.
* Die daarstelling van ‘n werksoek WhatsApp groep vir mense wat werk soek en werksgeleenthede aanbied sowel as hulpverlening met die opstel van ‘n professionele CV.
Zaayman het voorts verduidelik dat die B4B organisasie reeds projekte het wat aktief is.

Onder dit tel:
Bemagtig ‘n kind vir skool, Moedersdag vir oumies, Vadersdag vir oupies, oupa en ouma dag, Brakpan Boeremark, Bambino-projek, Kersprojek vir die behoeftiges in Brakpan woonbuurtes, een gesamentlike kersboom/partytjie vir alle behoeftige kinders in Brakpan woonbuurtes, neem ‘n seun aan, adopt a girl, pak ‘n noodboks, breiprojek en Hospies-projek.

Een van die voorgestelde projekte waarna tans gekyk word is ‘n gemeenskaplike sopkombuis.

“Die sopkombuis sal sewe dae per week bedryf word. Elke organisasie sal op ‘n roterende basis die sopkombuis een dag per week bedryf.

“Die terrein, fasiliteite en diensrooster sal bepaal word deur die lede,” het Zaayman verduidelik.

“Dit is ‘n kwessie van Brakpan vir Brakpan, die gemeenskap vir die gemeenskap,” het Zaayman afgesluit.
Persone wat meer inligting verlang kan 079 734 5236 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button