Local newsNews

Talle vind baat by dié klerewinkel

Die dienssentrum is in die Tweedy Park-kompleks te Voortrekkerweg geleë. Die publiek is welkom om skenkings te neem, maar ook om van die klere te gaan koop.

’n Projek by die Eric Holdtman Dienssentrum beywer homself al jare lank om fondse vir ’n goeie doel in te samel.

’n Tweedehandse klerewinkel word bedryf om fondse vir die Kanker Vereniging van Suid-Afrika (Kansa) asook Hospice in te samel.

Die publiek word uitgenooi om tweedehandseklere (wat in ’n goeie toestand is) asook enige ander naaldwerk items te skenk.


October is National Down Syndrome Awareness Month


“Ons gaan die goedere na en verkoop dit dan aan die inwoners van die Tweedy Park-kompleks, maar ook aan die publiek.

“Die fondse word aan Kansa en Hospice geskenk,” het Fransie Erasmus van die dienssentrum verduidelik. Susan Pienaar staan aan die stuur van sake by die winkel wat op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:00 tot 11:00 oop is.

Die dienssentrum is in die Tweedy Park-kompleks te Voortrekkerweg geleë. Die publiek is welkom om skenkings te neem, maar ook om van die klere te gaan koop.


Vax facts: Mass-vaccination to prevent thousands of deaths


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button