Local newsNews

In die Kollig

Leer die dorp se mense ken.

Willem de Lange (63) is ’n onderwyser by Sonneveld Akademie en woon al sy hele lewe in Brenthurst. Hy is ook die skool se skyfskietafrigter en het vanjaar 23 leerders gehad wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Skole Skyfskietkompetisie.

Op watter ouderdom het jy met die sportsoort begin?
Ek het eers leer skiet op die ouderdom van 43.

Waar kom die liefde vandaan en wie het jou geleer?
Ek het maar al die jare ’n liefde vir vuurwapens gehad. Ek het die eerste keer met wapens te doen gekry tydens my diens in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

Vir hoeveel jaar rig jy skyfskiet af?
Op skoolvlak vir ongeveer 20 jaar, en ek geniet elke oomblik daarvan.

Wat is die grootste uitdaging met die afrig van hierdie sportsoort?
Veiligheid bly maar die belangrikste aspek. Maar dit is ook moeilik, want geen persoon het volle beheer oor wat kan gebeur nie.

Wat is ’n kritiese tegniek wat nodig is om die sport te bemeester?
’n Suksesvolle skut moet aan die volgende vereistes voldoen om sukses in die sak te bring: ’n hoë vlak van konsentrasie, dissipline en ’n skut moet altyd kan kalm en rustig bly.

As ’n kind vir sy heel eerste les kom, wat is die eerste ding wat jy hom leer?
Die veiligheidsaspek van die sport kom altyd heel eerste en dan natuurlik dat as jy na jou geweer kyk sal dit na jou kyk.

Is jy van plan om vir nog lank kinders af te rig en wat motiveer jou om aan te hou?
Ek sal skyfskiet afrig vir solank as my gesondheid dit toelaat. My liefde daarvoor is te veel om sommer net op te hou. Ek het na al die jare baie skuts afgerig wat aan die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe deelgeneem het.

Die 2021 skiet-jaar was die meeste skuts (23) wat ek al ooit deur gevat het kampioenskappe toe. Een sin om jou karakter te beskryf. Ek gee nie maklik op nie.

Watter ander sporte het jy as ’n jong man beoefen?
Ek het in 1993 tot 1996 ’n hele paar maratons gehardloop, waarvan twee van hulle die Comrades was. Vandag kyk ek terug en is nie vir ’n oomblik spyt oor dit nie, dit is lekker om te kan sê dat ek het dit gedoen het.

As jy enige plek in die wêreld kon gaan aftree, waarheen sou jy gaan?
Daar is nie ’n land in die wêreld wat nie probleme het nie. Ek geniet die sonskyn, braaivleis, rugby en skyfskiet in Suid-Afrika. Ek sal net hier bly.

Wat is die een bestanddeel wat in elke mens se kombuis moet wees?
Sout.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button