Local newsNews

Happenings

What is happening in town

26 November tot 3 Januarie
Die Carnival Market met ’n verskeidenheid stalletjies word in ’n marques-tent te Kersboomstraat aangebied. Besoekers kan daagliks die mark vanaf 09:00 tot 18:00 besoek. Persone wat stalletjies wil bespreek kan ’n e-pos stuur na admin@carnivalmarket.co.za of 084 655 5428 skakel.

27 November
Die SANBD sal vanaf 09:00 by AGS Betesda Gemeente, wat op die hoek van Hylandstraat en Queenlaan geleë is, wees vir persone wat wil bloed skenk.

28 November
Die Just Wheels Motorklub se opedag word by die klubhuis, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is, gehou. Die dag bied die perfekte geleentheid vir oud en jonk om ’n genotvolle dag te beleef. Voertuie word uitgestal, vlooimark- en kosstalletjies kan besoek word en vermaak word deur die loop van die dag aangebied. Persone wat stalletjies wil bespreek kan vir Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 skakel.

2 Desember
Laerskool Brakpan-Oos bied ’n gholfdag aan by die State Mines-klub. Belangstellendes kan vir Rainier Myburgh by 083 315 7186 kontak.

4 Desember
’n Vlooimark met ’n Kersmark-tema word vanaf 10:00 by Cosy Corner in Brenthurst gehou. Dit word deur Brakpan4Brakpan aangebied en die toegang is gratis. Die publiek word egter versoek om ’n donasie van nie-bederfbare kos saam te neem. Die voedsel sal gebruik word vir kospakkies, wat aan behoeftige gesinne van die dorp geskenk sal word. Stalletjies kan bespreek word deur vir Belinda Coetzer by 076 167 4328 te skakel.

10 Desember
’n Kersnagmark en Kersliedere by Kerslig word by Just Wheels Motorklub, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is, gehou. Persone wat stalletjies wil bespreek kan vir Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 skakel.

General
A second-hand clothing sale will take place on Tuesdays and Thursdays from 08:00 to 11:30 at the NG Kerk Brakpan-Oos, corner of Boundary Road and High Street. Good quality clothing available at discounted prices. Call Hester Bosch (083 307 0649).

If you have an event planned you can submit it for inclusion in the Happenings column. These include community projects, fêtes, school events, church fund-raisers etc. The events included in this section are done so at the editor’s discretion. The deadline for submission of any entertainment events is 11:00 on Monday. Email details to thelma@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button