Local newsNews

Egpaar vier 50ste huweliksherdenking

Die egpaar het vir hulle ’n karavaan aangeskaf en beplan om die land vol te toer.

Brenthurst inwoners Kobus (69) en Helena (66) Norris vier volgende Vrydag (10 Desember) hul 50ste huweliksherdenking. Albei is gebore Brakpanners.

Helena het skool gegaan aan Laerskool Denneoord en is daarna na Stoffberg Meisieskool, terwyl Kobus aan Laerskool Harmonie en later aan Springs Tegniese Skool skoolgegaan het.

Nadat Helena vir 34 jaar in Benoni vir die Ekurhuleni metro (voorheen die stadsraad) gewerk het, is sy nou afgetree en het sy vertel dat dit maar ’n groot aanpassing is om by die huis te wees.

“Ek doen drie keer per week water-aërobiese oefeninge om fiks te bly en ek bak graag beskuit en kleinkoekies,” het sy vertel.

Die egpaar het vir hulle ’n karavaan aangeskaf en beplan om die land vol te toer.

“Ons albei geniet nog goeie gesondheid en ons weet dat ons net deur God se genade so lank getroud is. Ons is ook baie dankbaar daaroor,” het Helena gesê.

Hulle het twee kinders, Alet en Alwyn, asook drie kleinkinders en twee agter-kleinkinders.


ALSO READ: 

Motorfietsklub skenk fondse aan tehuis

ALSO READ: 

World Aids Day commemorated in the City

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button