Skelms is bedrywig in inkopiesentrums
Die slagoffers word dan eenkant geneem en met skelmstreke van hul geld beroof.
Die publiek en veral bejaarde persone word gewaarsku om oor die feesseisoen uiters versigtig te wees in inkopiesentrums.
Dit volg na drie gevalle die afgelope tyd by die Brakpan SAPD aangemeld is waar bejaardes bedrieg en beroof is.
Lt-kol Peet van der Schyff van die Brakpan SAPD het verduidelik dat niksvermoedende slagoffers in kettingwinkels deur twee of drie vroue genader word met die belofte van spesiale aanbiedinge.
“In sommige van die gevalle dra die bedrieërs selfs truie of uniforms wat hulle met die spesifieke winkel identifiseer,” het van der Schyff gesê.
Die slagoffers word dan eenkant geneem en met skelmstreke van hul geld beroof.
“Die publiek moet hul nie laat ompraat deur vreemdelinge nie,” het van der Schyff gesê.
“Dit is raadsaam om eerder sulke situasies te vermy.”
LEES OOK:
TEARS foundation invites men to take a stand against GBV
LEES OOK:
RE/MAX is Santa’s helper this December



