Local newsNews

Inwoners spog met unieke Kersversierings

Dit is ‘n familie tradisie wat ‘n plesier is om te deel.

Brakpan inwoner Odette Greyvensteyn (38) oortref haarself jaar na jaar met unieke Kersversierings wat sy volgens ’n spesifieke Kerstema aanbring om haar huis in ’n sprokieswêreld te verander.

Die Greyvensteyn-gesin woon die afgelope nege jaar in Sonneveld Estate en versier jaarliks hul woning met trots.

Gnome was verlede jaar se tema met ’n reuse kleurvolle kersboom en versierings in en om die huis.

Vanjaar se Kerstema is Merry Grinchmis, waar selfs die geskenkpapier by die tema pas.


LEES OOK:

How to avoid investment scams this festive season


Odette het verskeie Grinchmis-versierings gemaak om die huis kleurvol en volgens die tema te versier.

Odette volg in haar oorlede ma, Vanita Griffiths, se voetspore wat haarself altyd oortref het met Kersversierings.

“Dit is ’n familie tradisie wat ’n plesier is om te deel,” het Odette gesê.

Sy skrik nie vir harde werk nie en maak meeste van die versierings self.


LEES OOK: 

Let Carnival City help you entertain the little ones this school holidays


Om die huis so indrukwekkend te vertoon, verg egter meer as een persoon se harde werk. Daarom span sy hulp in van vriende om met die hout- en verfwerk te help.

Tenishke (6), Raiden (3) en Rivan (3), Odette se kinders, is jaarliks in vervoering met die dat hul woning soos ’n storie lyk.

“Dit is ons manier om Kersfees spesiaal te maak,” het Odette vertel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button