Vroue Landbou-unie hou prysuitdeling
Lede van die Brakpan Vroue Landbou Unie ontvang erkenning.
Die Brakpan-tak van de Vroue Landbou-unie het Dinsdagoggend hul jaarlikse verrigtinge met die tak se prysuitdeling afgeskop.
Jackie Lavos, die huidige voorsitter wat die afgelope twee jaar aan die stuur van sake is, het die oorhandiging van die pryse behartig.
Sommige lede het sertifikate ontvang en ander het trofeë verower vir hul harde werk.
LEES OOK: Foto’s: Atlete gee alles by interlaer
Hekelwerk, skryfkuns, gebak, naaldwerk en fotografie is net ‘n handjievol van die kategorieë waarvoor daar pryse uitgedeel is.
Delores van Rooyen het die trofee vir die meeste punte ontvang en Mary-Ann Sargent het die trofee vir die tweede meeste punte ontvang.
Die lede vergader elke tweede Dinsdag van die maand by die Just Wheels Motorklub se klubhuis.





