Local newsNews

Hulp is nodig om kinders te help

Dié nie-winsgewende organisasie sukkel finansieel.

Mother’s Nest in Brenthurst bestaan al vir meer as 30 jaar en bied ’n veilige vesting vir kinders van alle ouderdomme.

Dié nie-winsgewende organisasie is toegewy om mishandelde kinders te help. Daar word tans 12 kinders, wie se ouderdomme tussen vyf en 18 jaar wissel, by Mother’s Nest gehuisves.

Alhoewel die bestuur alles in hul vermoë doen om ’n sekere mate van normaliteit vir die kinders te bied, is daar groot kommer oor die nodige fondse om juis dit te kan doen.


LEES OOK: Help clean up our town


Emma Ferreira (55) wat in beheer is van die algemene bestuur van Mother’s Nest het na die publiek uitgereik om vir hulp te vra.

“Die huis se uitgawes is baie en ons sukkel om kop bo water te hou,” het Emma gesê.

“Ons poog om vir die kinders ’n normale huishouding te bied waar hulle veilig kan voel. Ons wil hulle groot maak sonder die stigma dat hulle in ’n kinderhuis is.”


LEES OOK: UPDATE: Hyacinth project gaining momentum


Die organisasie se fondsinsamelaar, Bonita de Bruyn (39), het genoem dat dit moeilik is om fondse in te samel as gevolg van die algehele swaarkry wat oral in die land heers.

“Ek weet dat almal swaarkry, maar ons het die fondse nodig om al ons uitgawes te dek,” het Bonita gesê.

Die organisasie vra vir finansiële bystand en ondersteuning wat hulle sal help om die nodige uitgawes te betaal.
Vir meer inligting oor hoe om te help, kontak vir de Bruyn by 011 817 2668 of Emma Ferreira by 011 817 2666.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button