Local newsNews

In die kollig

Leer vir Divan de Gouveia ken.

Divan de Gouveia (26) is onlangs verkies tot die voorsitter van die Brakpan-tak van Solidariteit Helpende Hand. Hy woon saam met sy vriendin Suzette van Rooyen (23) in Kenleaf.

• Waarom is dit vir jou belangrik om betrokke in die gemeenskap te wees?
Ek wil hoop saai deur my betrokkenheid asook om gemeenskappe onafhanklik te ontwikkel. Ons tak fokus op maatskaplik-gebaseerde ontwikkeling.

• Waar kry jy die inspirasie om te doen wat jy doen?
Die aard van my werk, maar ook om ‘n verskil te kan maak in die gemeenskap is groot voorreg. Al maak mens net ‘n verskil in een persoon se lewe is dit genoeg.

• Wat behels jou pligte as voorsitter van die tak?
Dit is belangrik om te kyk wat die behoeftes in die gemeenskap is en dit saam die mede taklede te fasiliteer deur projekte uit te rol om behoeftes aan tes preek. Ons wil nie noodwendig net verligtingsprojekte doen nie, maar meer kyk na volhoubare projekte waar daar verligting van armoede kan plaasvind.

• Wat het jou laat besluit om betrokke te raak?
Ek wil graag my bydrae lewer om armoede te verbreek, voorkom en voorspoed te kan verseker in ons gemeenskap. Solidariteit Helpende Hand het gevestigde strukture wat help dat mens ‘n volhoubare bydrae kan lewer of ‘n verskil te kan maak.

• Sou jy ander aan raai om aan te sluit, en waarom?
Ja definitief. Indien jy ‘n verskil wil maak in die gemeenskap, deur die gemeenskap, vir die gemeenskap moet jy beslis aansluit.

Elke klein verskil help en dit is lekker as mens ‘n gesonde en sterk gemeenskap het wat kan saamwerk en bewus is van hulle hulpbronne en sterktes.

Dit gaan nie help as net twee of drie saam werk nie, daarom moedig ek die hele gemeenskap aan om deel te wees en saam hoop te saai.

• Waarom is dit belangrik dat daar ‘n goed funksionerende Solidariteit in ons dorp is?
Dit is die enigste manier hoe ons ‘n gesonde, onafhanklike gemeenskappe kan ontwikkel.

• Hoe hanteer jy ‘n moeilike dag?
Ek glo dat ek in niks alleen veg nie, maar dat die Here altyd by my is. In ‘n moeilike dag hou ek altyd vas daaraan dat dit alles tydelik is en dat ek nie hoef te bekommer nie, want met die Here aan my sy is alles en enige iets moontlik.

• Wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Ek vang graag vis en is my element as ek in die natuur kan wees.

• Wat is jou gunsteling vakansieplek?
As ek in die bosveld kan wees tussen wild is ek op my gelukkigste.

• Hoe sou jy jouself beskryf?
Ek is ‘n rustige mens van aard, maar ek is ook vasberade en gemotiveerd in alles wat ek doen en aanpak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button