Local newsNews

Kerk reik uit na die gemeenskap

’n Vol program wag op besoekers.

Die publiek word uitgenooi na ’n kermis en gemeenskap uitreik wat op 1 Oktober by die Emmanuel Bediening in Hamiltonlaan 26 vanaf 08:00 tot 14:00 sal plaasvind.

Vir die jonger besoekers word daar om 11:00 ’n skattejag aangebied.

Volwassenes kan om 12:00 ’n demonstrasie en inligtingsessie oor veiligheid bywoon. Dit word deur Secure Tech aangebied.

Daarna sal JodaMed aan die beurt wees met ’n aanbieding wat op noodhulp en medies fokus.

Hairy Fairies sal beskikbaar wees vir diegene wat op die dag wil hare sny.

Emmanuel Bediening se liefdadigheidstalletjie sal ook bedrywig wees deur gratis tweedehandse klere beskikbaar te stel aan persone wat ’n behoefte daaraan het.

Daar is ook verskeie kos stalletjies wees.



LEES OOK: This is how you can avoid being scammed for gift cards

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button