Local newsNews

Verval van biblioteek gebou is ‘n skande

Die persone wat toegelaat het dat die plek so verval moet hule koppe in skaamte laat sak.

Adrie van Vuuren skryf per e-pos:

Met verwysing na die voorblad berig van die Herald van 16 September (Old library is a horror story).

Ek slaan my hande saam. Wat ‘n skande is dit nie vir die dorp nie?

Daardie pragtige gebou was vir soveel jare die tuiste van ‘n goed funksionerende biblioteek gewees.

Ons woon in Minnebron en gaan baie selde na die dorp self, maar ons is bewus van hoe die dorp daarna uitsien.

Dit was egter ‘n groot skok toe ons die voorblad sien. Net so groot soos daardie groot gat in die muur. Dit sal derduisende rand kos om die gebou te herstel.

Ek dink terug aan die dae toe ek my kinders vele male daarheen geneem het om naslaan werk te doen of boeke uit te neem. (voor die koms van tegnologie).

Ons het 10 of 20 sent betaal om ‘n afskrif uit ‘n boek te laat maak. Dit was altyd ‘n rustige plek waar ‘n mens respek gehad het vir ander en vir die inhoud van die biblioteek.

Die groot hout deur en loodglasvenster is vir altyd weg. Wanneer ‘n mens by die trappe opgeklim het na die ingang toe het dit eintlik spesiaal gevoel.

Die reuk van die boeke en die sagte fluister van vriendelike stemme sal my vir altyd bybly. Nou is dit ‘n leë, vervalle en seker stinkende vuil dop.

Die persone wat toegelaat het dat die plek so verval moet hule koppe in skaamte laat sak. ‘n Permanente wag om die gebou op te pas sou seker ‘n oplossing wees en moes sterk oorweeg word.

Oor ‘n paar maande sal die mure ook seker afgebreek wees. Daar moet opgetree word om te red, wat nog te redde is.



READ MORE: Old library is in ruins

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button