Optrede is net ‘n druppel in die emmer
Die regering gaan daadwerklike stappe moet instel om die probleem vir eens en vir altyd hok te slaan.

Armand Roets skryf per e-pos:
Met verwysing na die voorblad van die Herald van 7 Oktober (Crackdown on illegal mining). Alhoewel ek groot lof het vir dié tipe optrede is dit werklik maar net ‘n druppel in die emmer.
Keer op keer word ‘n handjievol onwettige myners gearresteer en word daar beslag gelê op toerusting.
Wat gebeur die volgende dag: Die Zama Zamas maak weer toerusting bymekaar en gaan voort om die aarde om te dolwe.
Die probleem is nie eie aan Brakpan nie en ek glo nie die oplossing gaan oornag gevind word nie.
Die regering gaan daadwerklike stappe moet instel om die probleem vir eens en vir altyd hok te slaan.
Ek is ook van mening dat daar streng opgetree moet word teen die persone wat die goudstof (of wat ookal die Zama Zamas versamel) aankoop.
Dit alles gesê, vind ek dit tog tragies dat mense hul lewens in gevaar moet stel, net om kos op die tafel te sit en aan die lewe te bly.
ALSO READ: Help put an end to illegal dumping
ALSO READ: Laerskool Brakpan-Oos onderwyser lê na 41 jaar die tuig neer



