Solidariteit Helpende Hand reik uit na bejaardes
Solidariteit Helpende Hand het geskenke gaan uitdeel by vyf ouetehuise in die dorp.
Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak het gedurende die feesseisoen besoek aan bejaardes in ouetehuise van die dorp gebring en meer as 200 geskenke uitgedeel.
Ten spyte van die diefstal van ‘n groot skenking, wat vir bejaardes bedoel was, gedurende November (Skenking van R1 miljoen vir bejaardes word gesteel) het die Brakpan-tak steeds voortgegaan met ‘n projek om inwoners van ouetehuise se harte te verbly.
Die ouetehuise waar geskenke uitgedeel is Ebenhaeser Tehuis, die Frank Mynhardt Sorg Sentrum, Lighuis Tehuis, Goldreef Retirement Village en Eventide.
“Talle bejaardes ontvang nie geskenke gedurende die feestyd nie en Solidariteit Helpende Hand het gepoog om na hierdie bejaardes uit te reik,” het ‘n woordvoerder van die tak gesê.
LEES OOK: Solidariteit Helpende Hand skenk weer skooltasse





