Dankbare inwoner skryf per e-pos:
Namens al die inwoners van die woonstelblok by Tweedy Park wil ons baie dankie sê vir almal wat verlede Saterdag ons tuine kom skoonmaak het.
Dit was nie vir ons lekker om so te bly nie en nou lyk dit darem baie beter.
Dit was ‘n baie warm dag en ek het die mense wat so hard gewerk het baie jammer gekry.
Elkeen van julle, van die jongste een tot die oudste een sal geseën word omdat julle nog vir ou mense omgee. Ons is uit ons harte dankbaar.
Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



