Getroue VLU-lid is ‘n vonkelvrou
Dit is die tweede keer dat die Vonkelvrou van die jaar toekenning gemaak is.
Dalview inwoner Elsabe Grobler (37) is tydens die onlangse prysuitdeling van die Vroue Landbou-unie Bakpan-tak as die vonkelvrou van die jaar aangewys.
Dit is slegs die tweede keer dat die toekenning een van die lede te beurt geval het.
Elsabe, wat al vir die afgelope 15 jaar ‘n lid van die VLU is, vertel dat sy heeltemal onkant betrap is maar dat dit vir haar ’n groot eer was om die toekenning te ontvang.
Die toekenning word gemaak aan ‘n lid wat deur die jaar behulpsaamheid aangebied het tydens tak vergaderings, fondsinsamelings, en ander projekte waarby die tak betrokke is.
LEES OOK: Former operations manager excited about new career path
Volgens Elsabe vind sy haar betrokkenheid by die VLU baie vervullend en leersaam.
“Ek het in die afgelope 15 jaar baie nuwe vaardighede aangeleer. Vroue kan self van hierdie vaardighede aanwend om vir hulself ’n inkomste te genereer,” het Elsabe gesê.
Die ma van ‘n 10-jarige tweeling, Rivan en Ruvan, vertel dat sy nie veel tyd het om agteroor te sit nie. Tog geniet sy dit op troos-poppies vir liefdadigheidsprojekte te brei.
Sy is getroud met Hennie Grobler (39), wie haar ten volle ondersteun met haar bettrokkenheid by die VLU. Elsabe is ook ‘n voormalige voorsitter van die Brakpan-tak.



