
Die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n versoek aan die publiek gerig vir skenkings van troeteldierkos.
Enige skenkings van droë, sowel as blikkieskos vir honde en katte is nodig aangesien die kosvoorraad by die DBV tans min is.
Die aflaaipunte is by die Brakpan DBV asook die Devon Hulpsentrum en by die VC Superspar is ’n mandjie om skenkings in te plaas.
As jy verkies om ’n finansiële bydrae vir kos te maak, is die bankbesonderhede soos volg:
-Standard Bank
-Rek: 020 922 094
-Tak: 012 042
-Verwysing: Food
Die DBV kan by 011 742 2007 gekontak word.
Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



