Local newsNews

Afgebrande klubhuis hou mooi herinneringe

Ek het in Brakpan groot geword maar intussen na ‘n ander dorp verhuis.

Oud-inwoner skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van 31 Maart (Historic Brakpan Bowing Club burns down).

Ek het in Brakpan groot geword maar intussen na ‘n ander dorp verhuis.

My ouers Peter en Daleen Howard het vir baie, baie jare rolbal by daardie klub gespeel.

Ek en my twee broers het gereeld saam gegaan en dit was altyd ‘n heerlike dag uit.


Skryf nou in vir die Oos-Rand Kunstefees


Ons kon na willekeur speel en daar was nooit gevaar of rede tot kommer van enige aard nie.

Ek onthou dat my pa vir ons eenkeer ‘n kelder gewys het wat onder die gebou was.

As ek reg onthou was daar ‘n opening agter die kroeg toonbank wat tot die kelder gelei het.

Dit het ons baie gefassineer en ons het geglo dat daar spoke bly.


Skole kan nou inskryf ir ATKV-Applous-koorkompetisie


Dit is ‘n bitter pil om te sluk dat ‘n gebou, met so ryk geskiedenis nou tot niet is.

Dit sal sekerlik nooit weer herbou word nie en die bietjie wat oor is sal seker ook nou weggedra word.

Dit is algemene kennis dat sportklubs in al die dorpe sukkel om hul deure oop te hou (self in die dorp waar ons nou woon).

As inwoners nie meer sport kan beoefen in ‘n veilige omgewing nie is daar groot fout met ons samelewing.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button