Local newsNews
Sonneveld Akademie vier boekedag
Die leerders het as hul gunsteling karakter uit 'n boek-, film- of video-speletjie aangetrek vir die dag.
Sondag was die UNESCO Wêreld Boekedag en leerders van Sonneveld Akademie het dit Vrydag gevier deur soos boek-, film- en video-speletjie karakters aan te trek.
Daar was ook ‘n kompetisie waar Graad-wenners aangekondig is.
Uit hierdie wenners is nege algehele wenners gekies, waarna ‘n finale wenner, wat ‘n boekprys gewen het, aangewys is.
Dié wenner was Iwan Botha, wat as Noag en sy ark opgedaag het.
Iwan sal sy prys boekprys kan kies wanner die beroemde outeur Jaco Jacobs by die skool gaan uitstal.
Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!









